| |
|
Windvanger kry wind van agter
| April 2008
Breyten Breytenbach se digbundel, Die Windvanger is bekroon met die gesogte Universiteit van Johannesburg prys vir skeppende werke.
|
|
|
Suid-Afrikaanse kookboeke onder die wêreld se bestes
| April 2008
Die kookboek Zoozsh! deur bekende radio-aanbieder Jeremy Mansfield en sy vrou, Jacqui, is in Londen aangewys as die derde beste in die wêreld.
|
|
|
Die Sanlam-prys vir Jeuglektuur
| Februarie 2008
Die Sanlam-pryswenners vir Jeuglektuur 2007 is Dinsdagaand 19 Februarie by die Two Oceans Akwarium in Kaapstad aangewys. Met ʼn paar haaie en seeskilpaaie wat agter hom rondswem, het Danie Marais die program gelei en die wenners een vir een aangekondig.
|
|
|
Universiteit van Pretoria bied vier-dag boekefees aan
| Februarie 2008
Boeke, boeke en nogmaals boeke gaan almal aan die praat hê vir vier dae vanaf 5 tot 8 Maart 2008 wanneer die Universiteit van Pretoria sy eerste “BoekJol” aanbied.
Die doel van hierdie geleentheid is om lees, asook die skryf van boeke vir ‘n lewe in die akademiese omgewing, te vier.
|
|
|
Top 10 Afrikaanse boeke vir die laaste week van Januarie
| Februarie 2008
Selfs Haas Das maak sy verskyning onder die top 10 Afrikaanse boeke vir die einde van Januarie.
|
|
|
Top 10 Afrikaanse boeke vir die nuwejaar.
| Januarie 2008
Dit is interresant om op te merk hoe die titels van boeke op topverkoper lyste verskil aan die begin en einde van elke jaar.
|
|
|
Top 10 Afrikaanse boeke
| Desember 2007
Deon Meyer se Onsigbaar behou sy eerste plek onder die Top 10 Afrikaanse boeke vir die vierde agtereenvolgende week met Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika deur Hermann Gilliomee en Bernard Mbenga kort op sy hakke.
|
|
|
Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika maak geskiedenis
| Desember 2007
Deon Meyer se Onsigbaar moet plek maak vir feite nadat Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika so pas die topverkoper van Afrikaanse boeke in die land geword het.
|
|
|
Nuwe boekwinkel in Kaapstad
| Desember 2007
As jy jou die feesseisoen in die hartjie van Kaapstad bevind, besoek gerus The Book Lounge op die hoek van Roelandstraat en die Buitenkant.
|
|
|
Suid-Afrikaanse skrywers haal kortlys
| Mei 2008
Twee Suid-Afrikaanse skrywers, J.M. Coetzee en Nadine Gordimer, is op die kortlys vir nóg ’n gesogte skrywerstoekenning. Die Man Booker-prys vir fiksie het vroeër vanjaar die eenmalige toekenning – The Best of the Booker, bekend gestel om die letterkundige prys se 40ste herdenking te vier.
|
|
|
Siegfried wen
| April 2008
Willem Anker se debuutroman, Siegfried, is so pas met die Universiteit van Johannesburg se debuutprys bekroon.
|
|
|
Bekende kookboek word bekroon
| April 2008
Die kookboek, Agter die lekker aan, geskryf én uitgegee deur Dine van Zyl het ‘n fantastiese derde plek behaal in die Oscars van kookboeke, die International Gourmand-toekennings.
|
|
|
Rekord aantal inskrywings vir vanjaar se M-Net Literêre Toekennings
| April 2008
Dit gaan goed met die boek. Suid-Afrika se storievertellers het die afgelope jaar gewoeker met die woord en meer inskrywings as ooit tevore laat instroom vir een van die land se mees gesogte boekpryse, die M-Net Literêre Toekennings.
|
|
|
Bekroonde skrywer stap weg met Pulitzer-prys
| April 2008
Die skrywer, Junot Diaz, is bekroon met die Pulitzer-prys vir fiksie vir sy roman, The Brief Wondrous Life of Oscar Wao, wat plaaslik deur Book Promotions versprei word.
|
|
|
Wenners van Andrew Murray-prys word aangekondig
| April 2008
Die Andrew Murray-prys vir Afrikaanse Christelike boeke is Maandag, 7 April aan prof. Jan du Rand toegeken. Die A tot Z van Openbaring word deur beoordelaars beskou as 'n leesbare boek wat deeglike navorsing toon.
|
|
|
Internasionale literatuurfees soek Afrika-foto
| April 2008
Die onderwerp van vanjaar se agste Internasionale Literatuurfees (ILB) wat vanjaar in Berlyn, Duitsland gehou word is Afrika. Vir dié geleentheid van 24 September tot 4 Oktober soek die organiseerders 'n foto (moet Afrika weerspieël) wat op die feesplakkaat en brosjure gebruik kan word. 'n Kontantprys van $500 (sowat R5 000) sal aan die wenner oorhandig word.
|
|
|
Die Boekwurms vertel!
| April 2008
Die Boekwurm-leeskring op Stellenbosch is ’n baie lekker leeskring met lede wat daarvan hou om die boeke wat gekies is vir bespreking te lees. Ons is ernstig oor boeke en die persoon wat die boek bespreek, werk gewoonlik baie hard, maar dis altyd lonende arbeid!
|
|
|
Die Bellville-leeskring gesels!
| April 2008
Die Bellville-leeskring bestaan al vanaf die 1950’s. Daar is notules in die argiewe van Bellville Biblioteek wat vanaf 1954 dateer. In die beginjare was die leeskring veel meer eksklusief en was die intelligentia, sakemense en van die meer bekende inwoners van Bellville lede.
|
|
|
Die oudste leeskring in die land?
| Maart 2008
Helderberg Leeskring is in 1978 gestig en is dus byna 30 jaar oud. Daar is nie meer stigterslede oor - almal weg of dood. Dit was jong, werkende vroue met klein kinders en hulle het saans vergader en ook self beurte gemaak om die boeke te bespreek. Die lede van daardie jare onthou wonderlike tye met interessante sprekers wat boeke met hulle kom behandel het. Een van die stigterslede was 'n niggie van Audrey Blignault en sy het dus verskeie kere die boekklub kom toespreek in haar geliefde rooi uitrustings.
|
|
|
Bitterkomix se Boere-Punks
| Maart 2008
In die Herfs-uitgawe van Boeke-Insig gesels Danie Marais met Anton Kannemeyer en Conrad Botes van die Bitterkomix-reeks. Ons plaas graag die volledige onderhoud op ons webtuiste.
|
|
|
Breederivier Taalburo stig Skrywersburo
| Maart 2008
Die Breederivier Taalburo, wat reeds vir meer as ’n jaar lank op Robertson in die Wes-Kaap funksioneer, het onlangs 'n literêre tak gestig ten einde amateur skrywers- en digters te help om hulle skryfwerk te evalueer en te ontwikkel.
|
|
|
Breytenbach wen Hertzog-prys
| Maart 2008
Die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het gister aangekondig dat die skrywer Breyten Breytenbach met die Hertzog-prys vir sy digbundel Die Windvanger bekroon gaan word.
|
|
|
Die sewentigers
| Februarie 2008
Daar is ’n paar Afrikaanse skrywers wat in 2008 groot verjaardae vier. Wilma Stockenström word in Augustus 75 jaar oud en ook die onsterflike Ingrid Jonker sou in September 75 geword het.
|
|
|
Nobelpryswenners
| Februarie 2008
“Ek het al die pryse in Europa gewen, elke bleddie een. Ek’s baie bly oor almal, oukei. Nou (met die Nobelprys) is dit ’n royal flush.” Dit was die reaksie van die 89-jarige Doris Lessing toe sy hoor dat sy in 2007 die Nobelprys vir Letterkunde gewen het. Doris is in 1919 in Persië (nou Iran) gebore, maar die gesin het ses jaar later na Suid-Rhodesië (nou Zimbabwe) verhuis. Van haar belangrikste werke is die roman The Grass is Singing, haar Martha Quest-romans en haar twee outobiografieë, Under my skin (1994) en Walking in the Shade (1997).
|
|
|
Bloubloedboere
| Desember 2007
In Etienne van Heerden se jongste kragroman, Asbesmiddag, word ’n jeugvriendskap met ’n bloed-eed gesmee in ’n tyd toe jong mans, afstammelinge van ou boerefamilies (Boere-adel) instinktief aangevoel het dat lojaliteite in moeilike tye belangrik is. Van Heerden skryf dat hierdie snit in die vingerpunt so bindend is as die troupand.
Maar hoe definieer jy Boere-adel? Is dit ou geld wat nie te koop loop met rykdom nie? Is dit ’n erfplaas of erfenis, so enorm dat dit die eienaar daarvan onaantasbaar laat? Dit sou ook kon beteken dat die plaas en/of onderneming al lank voor die eienaar bestaan het en die eienaar self net instrumenteel is in die behoud en onderhoud daarvan. Dis joune maar ook nie joune nie. Dis groter as jyself. In Asbesmiddag verlaat ’n seun die familieplaas van tien geslagte om te werk as ’n vuurspuwer in ’n sirkus. Die gevolge eggo deur die boek.
|
|
|
Op 'n plaas in Afrika
| Desember 2007
In die Lente 2007-uitgawe van Boeke-Insig verskyn daar ‘n uittreksel uit ‘n kortverhaal van Helena Gunter van haar debuutbundel Op ‘n plaas in Afrika. Ongelukkig het die sin wat aangedui het dat dit ‘n uittreksel is, in die proses weggeval. Met die vriendelike vergunning van die skrywer en Human & Rousseau publiseer ons die volledige titelverhaal op ons webwerf.
|
|