Boeke Insig
lede/boekklubs
Wagwoord vergeet | Word 'n lid
 
boeke  
boek-soek
 
   
boek van die maand
En die lekkerste deel van dood wees En die lekkerste deel van dood wees
Harry Kalmer
 
Opsomming
Koop die boek
 
Opsomming
Die vyf afdelings van hierdie roman, waar telkens op ’n ander karakter gefokus word, wissel op boeiende wyse mekaar af. In die eerste afdeling leer die leser Magdalena ken, ’n 74-jarige weduwee wat alleen woon en deur ’n jong bruinman tydens ’n diefstal vermoor word.

Die tweede afdeling bestaan uit die verwerking van hoofsaaklik dagboekmateriaal van Magdalena se kleindogter, Camilla Otto. Die derde afdeling is ’n transkripsie van ’n reeks monoloë van Basil Apolis, die bruinman wat Magdalena vermoor het. Afdeling vier bestaan uit onafgestuurde briewe wat Kobus jaarliks as vader vir Camilla met haar verjaardag geskryf het. In die slotafdeling is die reeds gestorwe Sakkie Otto, Magdalena se man en Kobus se pa, aan die woord.

Deur middel van die verskillende vertellings word insigte in die karakters verkry wat nie sonder meer uit die gebeure afleibaar is nie. Harry Kalmer se nuutste werk is ’n oorspronklike en treffende roman, en is die naaswenner in die Sanlam/Insig Groot Romankompetisie 2007.
 
sê jou sê Skryf 'n resensie
 

WEN!

Weg!



 

 
© Kopiereg 2007 Media 24
tuisblad | boeke | handleidings | word 'n lid | boekklub | nuus | kalender | praat saam | kontak ons