Boeke Insig
lede/boekklubs
Wagwoord vergeet | Word 'n lid
 
 
En die lekkerste deel van dood wees EN DIE LEKKERSTE DEEL VAN DOOD WEES
Harry Kalmer
Die vyf afdelings van hierdie roman, waar telkens op ’n ander karakter gefokus word, wissel op boeiende wyse mekaar af. In die eerste afdeling leer die leser Magdalena ken, ’n 74-jarige weduwee wat alleen woon en deur ’n jong bruinman tydens ’n diefstal vermoor word.
Boek van die maand
Lees meer / Skryf 'n resensie
Handleiding
Koop die boek
 
welkom aan ons nuutste lede
- Annamarie Myburgh
- Mev. V Marsh
- Gerda Herman
ruda se rubriek
Gee my geheime

Die Stellenbosse filosoof Anton van Niekerk het in 2005 ‘n boek gepubliseer met die titel Geloof sonder sekerhede. Dit gaan in sy eie woorde oor “wat ons doen as ons glo”.
Lees meer
Die Boeke-Insig-Blog:
Gesogte versamelstukke in die comic-wêreld* -Danie Marais

Die wêreld van die versamelaar is altyd ’n interessante subkultuur. In die meeste markte word die waarde van ’n artikel gemeet aan die monetêre waarde, die prys, daarvan. Maar vir die egte versamelaar is die geldwaarde van die kosbare seël, plaat, boek of modeltreintjie wat hy besit, net ’n stukkie toegevoegde waarde.


Lees meer

hoe werk die boekklub?
 
Vir net R200 per jaar kry jy:
'n Kwartaallikse tydskrif te waarde van R24.95
Gratis e-nuusbriewe
Afslag op Insig boektafels
30% afslag op sekere boeke
En baie meer...
 
Sluit nou aan
volgende boektafels
Die Insig-Boektafel met Ruda Landman was dié kwartaal twee kuiergeleenthede saam met Ruda, Erika Murray-Theron en Nataniël. Die Boektafels het 'n onderhoud met die skrywers, 'n heerlike ete en die geleentheid vir gaste om vrae te vra en getekende boeke te koop, ingesluit. Die span van Boeke-Insig is reeds besig om te beplan aan die volgende geleenthede wat in Julie sal plaasvind en waar die gaste bekende Suid-Afrikaanse illustreerders sal wees. Hou gerus ons webtuiste dop vir verdere inligting. Onthou julle kan nog steeds fotos van vorige Boektafels gratis by Raïel le Roux bestel.
Vreemde versoeke

Die grootste Afrikaanse skrywer op die oomblik is...

Kry 20% afslag by kalahari.net
 
 

 

 

nuus NOG

Suid-Afrikaanse skrywers haal kortlys

Twee Suid-Afrikaanse skrywers, J.M. Coetzee en Nadine Gordimer, is op die kortlys vir nóg ’n gesogte skrywerstoekenning. Die Man Booker-prys vir fiksie het vroeër vanjaar die eenmalige toekenning – The Best of the Booker, bekend gestel om die letterkundige prys se 40ste herdenking te vier.


Siegfried wen

Willem Anker se debuutroman, Siegfried, is so pas met die Universiteit van Johannesburg se debuutprys bekroon.


Windvanger kry wind van agter

Breyten Breytenbach se digbundel, Die Windvanger is bekroon met die gesogte Universiteit van Johannesburg prys vir skeppende werke.


insig boeke NOG
Ons en die maan

Ons en die maan
M.C Botha

Die boek word bestempel as ’n “natuurroman” en daarmee word waarskynlik veronderstel dat die natuur, net soos Cornelius en Blackie Swart, ’n karakter in die verhaal is. Laasgenoemde twee, vader en seun, onderneem ’n safari na die Okavangodelta. Dit is kort voor die politieke omwentelings van 1994. Cornelius is ’n hooggeplaasde staatsamptenaar wat baie na aan die destydse NP-leiers is en Blackie werk op Beaufort-Wes in die poskantoor.


  Jagseisoen

Jagseisoen
Francois Bloemhof

Kinders verdwyn by die Hoërskool Durbell, en dis nie weens stokkiesdraai nie. Quentin Marnitz is die tweede leerder wat ontvoer word en dit blyk nie die einde te wees nie. Is dit omdat sy pa – die kerk se skriba – iets onderduims aangevang het? Of is dit ’n komplot teen die skool en die hoof?
lees verder


Die Stiltetydbybel vir vroue

Die Stiltetydbybel vir vroue
Maretha Maartens

Die Stiltetydbybel vir vroue bevat 365 dagstukke wat bestaan uit ’n gedeelte uit die Nuwe Testament, gevolg deur ’n geestelike oordenking. Die teks-gedeeltes is geneem uit die Nuwe Lewende Vertaling.

Lees verder


  Apetown

Apetown
Sven Eick

Lars bly in Kaapstad, hy is 25 en het dringend geld nodig. Hy dink ’n plan uit om vinnig genoeg geld te maak sonder dat hy enige werk hoef te doen. Hy word gehelp deur sy vriende Frankie, ’n opgeneukte oudsoldaat, en Croccy (wat nog nooit sy skoene uitgetrek het vandat hy 18 geword het nie).


 
EKSKLUSIEF VIR BOEKE-INSIG-LEDE:
Bestel dié boeke teen 30% afslag: 'n Tapisserie met klein diere en En die lekkerste deel van dood wees teen slegs R98 elk en Ander Lewens teen R115,50! (Posgeld en verpakking ingesluit.) Kontak vir On The Dot by direct.sales@onthedot.co.za of 0861 668 368. Jy kan ook dié drie boeke teen 20% afslag by www.kalahari.net bestel.
 
 
 
© Kopiereg 2007 Media 24
tuisblad | boeke | handleidings | word 'n lid | boekklub | nuus | kalender | praat saam | kontak ons